Oor Plathondt

Ons is 'n jong paartjie van 21 - twee mense met verskillende paaie, maar dieselfde droom. Een van ons werk tans op 'n H2A-kontrak in Amerika, sweet en werk hard in die son. Die ander een het twee diplomas en hou die brein aan die gang met idees, planne en passie. Ons glo in eenvoud, eerlikheid en styl wat iets sê. Hierdie winkel is ons manier om iets saam te bou - iets wat ons storie vertel, en dalk ook joune.
Dankie dat jy hier is. Jy's deel van ons reis.

 

Volhoubaarheid

Van die stoep tot die stof.


Ons glo dat styl nie die aarde moet kos nie. Elke item wat ons kies, elke besluit wat ons neem — dis met volhoubaarheid in gedagte. Ons werk saam met verskaffers wat omgee, en probeer altyd beter doen.
Ons is nie perfek nie, maar ons is bewus. Van die plaaslande in Amerika tot die klaskamers in Suid-Afrika
— ons het gesien hoe belangrik dit is om verantwoordelik te leef. Hierdie winkel is ons manier om daardie waardes te deel.
Dankie dat jy kies om deel te wees van 'n beweging wat mooi én bewustelik is.

Ons Materiale

By Plathondt glo ons in kwaliteit wat hou - nie net mooi lyk nie. Ons T-hemde is gemaak van 100% katoen, met 'n gewig van 180g - dik genoeg om te hou, lig genoeg om te leef. Dis daardie egte gevoel wat jy kry as jy iets aantrek wat regtig eg is. Net rou, eerlike katoen wat asemhaal, beweeg, en saam met jou leef - van die stoep tot die stof.