Versending & Terugstuur
Versending
- Alle bestellings word binne 2–5 werksdae verwerk en versend.
- Jy sal ’n bevestiging en ’n opsporingsnommer ontvang sodra jou bestelling gestuur is.
- Versendingstye kan wissel afhangend van jou ligging, maar ons doen ons bes om jou pakket so gou as moontlik by jou uit te kry.
Omruilings
- Ons bied slegs omruilings aan, geen terugbetalings nie.
- Jy het 7 dae vanaf die datum waarop jy jou bestelling ontvang het om ’n omruiling aan te vra.
- Items moet ongedra, ongewass en in hul oorspronklike toestand wees.
- Jy is verantwoordelik vir die koste van terugstuur, tensy die item foutief of verkeerd gelewer is.
Hoe om ’n omruiling te doen
- Kontak ons binne 7 dae by plathondt@gmail.com met jou bestelbesonderhede.
- Gee vir ons die rede vir die omruiling en watter grootte/item jy verkies.
- Stuur die item terug na ons adres wat ons vir jou sal verskaf.
- Sodra ons die item ontvang en inspekteer, stuur ons die nuwe item aan jou uit.
Volhoubaarheid
Van die stoep tot die stof.
Ons glo dat styl nie die aarde moet kos nie. Elke item wat ons kies, elke besluit wat ons neem — dis met volhoubaarheid in gedagte. Ons werk saam met verskaffers wat omgee, en probeer altyd beter doen.
Ons is nie perfek nie, maar ons is bewus. Van die plaaslande in Amerika tot die klaskamers in Suid-Afrika
— ons het gesien hoe belangrik dit is om verantwoordelik te leef. Hierdie winkel is ons manier om daardie waardes te deel.
Dankie dat jy kies om deel te wees van 'n beweging wat mooi én bewustelik is.
Ons Materiale
By Plathondt glo ons in kwaliteit wat hou - nie net mooi lyk nie. Ons T-hemde is gemaak van 100% katoen, met 'n gewig van 180g - dik genoeg om te hou, lig genoeg om te leef. Dis daardie egte gevoel wat jy kry as jy iets aantrek wat regtig eg is. Net rou, eerlike katoen wat asemhaal, beweeg, en saam met jou leef - van die stoep tot die stof.